Diederick Reinecke
Diederick Johannes Reinecke was gebore te Fauresmith (OVS). Getroud met Matilda de Swardt en twee seuns is uit die huwelik gebore Sarel en Dirk. Gematrikuleer te Bekker Landbouskool naby Magaliesburg. Belangstellings is Natuurbewaring en Toerisme en het vir 40 jaar gedien as Ere Veldwagter van die Nasionale Parkeraad. Stokperdjie sluit in Fotografie en om te toer. Hy is woonagtig te Garsfontein in Pretoria. Hy behoort aan die Rietvallei Gereformeerde Gemeente.
Militêre Loopbaan
Diederick het meestal Bevelsposte beklee in sy loopbaan in die Seinkorps.
Sy Leëropleiding as offisier in die SA Weermag en opleidingskursusse voltooi sluit in die Vormingskursus by Militêre Akademie, Pelotonwapens, Pelotonbevelvoerder, Ongereelde Oorlogvoering by Infanterie Skool, Vegspan te Leërkollege, Gevegshantering te Infanterie Skool, Veggroep by Leërgevegskool, Voorkursus en SA Leër Bevel en Stafkursus by SA Leërkollege. Gesamentlike Stafkursus by Verdedigings Kollege.
Seinkorpskursusse sluit in KO kursus, EO kursus, Taktiese en Kragvoorsienings Tp Bevelvoerder, Bevel en Beheer Tp Bevelvoerder, Eskadron Bevelvoerder, Seineenheid Bevelvoerder
Bevelsaanstellings sluit in EO Tp bevelvoerder, 108 Sein Eskn Bev (Windhoek) Tp Bev 1 Sein Regiment, Offisiere Opleidings Eskn Seinskool, Bev OVS Seineenheid, Bev Seinskool, Bev Leërgimnasium. Aangestel by Seinformasie as Hoof van Staf. Projek Offisier Supremo wat die bestuurstelsel van die SA Leër ontwikkel het. Was ook aangestel na die 1994 Verkiesings by die Integrasiemagte te Wallmansthal as Bevelvoerder.
Burgerlike Loopbaan
Diederick het kursusse voltooi in Kleinsake ontwikkeling, Natuurgids, Swaziland gids, Voortrekker Monument gids en die Nasionale Sertifikaat: Toergids wat 4 jaar geduur het. Opleiding gedoen as Assessor, Fasiliteerder en Moderator in die SETA stelsel ook in die Akkreditasie van Opleidings Besighede by SETA en QCTO Kwaliteit Owerhede. Verder het hy opleiding voltooi in Kwaliteit Bestuur vir Opl Besighede en ook in Ouditkunde.
Besighede waarin Diederick gewerk het sluit in sy eie besigheid Mentor Associates (Franchise) en ook by Veldfun (Toergids besigheid) asook die bestuurder van ʼn Toeristegids Opleidings besigheid. Verder was hy betrokke by ʼn Werksplek Akademie naamlik Sondela Akademie te Bela Bela. Was ook betrokke by die ontwikkeling van ʼn Hotelskool. Tans ondersteun hy Dirk se besigheid Audit Campus.
“Ek was daar!!“ is gebore uit sy behoefte om die soldate en burgerlike personeel wat so hard gewerk het by die Leërgimnasium in ʼn mate erkenning te gee vir die taak wat hulle daar verrig het.
Arnold (Tappa) Theron
Arnold Theron, is AO1 TPA en tannie Marie Theron se jongste seun. Sy grootword jare was in Voortrekkerhoogte Pretoria, waar hy die eerste 11 jaar van sy skoolloopbaan voltooi het. Hy was op laerskool by Generaal Andries Brink Laerskool en Hoërskool tot standerd 9 (graad 11) by Voortrekkerhoogte Hoërskool. Desember 1973 verhuis hy saam met sy ouers na Heidelberg, Transvaal (Gauteng). Hy voltooi in 1974 sy Hoërskool loopbaan by die Johan Vorster Hoërskool Nigel.
Julie 1975 het by die Leërgimnasium Heidelberg vir sy Nasionale Diensplig aangemeld. Gedurende die tydperk Julie 1975 tot Desember 1982 was hy verskeie kere vir opleiding, kursusse en vakansiewerk by die Leërgimnasium.
Tydens sy Militêre diens Julie 1975 tot Januarie 1980 en Desember 1981, het hy by die volgende eenhede gedien: Walvisbaai Sein Eskadron (Rooiwal), Noord-Transvaal Seineenheid (Voortrekkerhoogte, Madimbo Limpoporivier en Letaba Wildsplaas Phalaborwa), 13 Subarea (Sektor 70) Katima Mulilo Oos-Caprivi Namibië (Grensdiens Sein Troep/Eskadron bevelvoerder) en OVS Seineenheid Bloemfontein. Januarie 1980 bedank hy uit die Weermag om voltyds te studeer. Hy neem Desember 1980 as die Bevelvoerder van OVS Seineenheid te Bloemfontein waar.
Januarie 1980 tot Desember 1982 studeer hy voltyds aan die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) en behaal die graad BCom. Januarie 1983 tot einde 1985 verrig hy sy klerkskap as Geoktrooieerde Rekenmeester by die firma PC Bruwer en Vennote. 1985 tot 1987 studeer hy deeltyds aan Unisa en behaal die graad BCompt (Hons). 1988 Kwalifiseer hy as Geoktrooieerde Rekenmeester.
“I was there!!” was born from “Tappa se Tapyt” which he compiled. It is important to him to preserve the Army Gymnasium “stories” and in general the events during the period 1974 to 1993. His Alma mater and where his parents left a deep impression.

